Versorging
Silwer Akker Verswakte Versorgings Eenheid
Hier leef ons ten volle en maksimaal tot ons vermoë in Suikerbos Aftreeoord gemeenskap.
In Silwer Akker bou ons hegte familie bande tussen staf en pasiente met persoonlike versorging.
Alle pasiente het toegang tot multi-dissiplinêre mediese versorgings span insluitend ten volle opgeleide versorgers.
Silwer Akker pasiente het volle toegang tot alle dienste en geriewe as ook uitstaande ontspannings areas.
Die versorgingseenheid sien huidiglik om na ongeveer 71 pasiente.
Enkel kamer
Twee bed kamer
Vier bed kamer
Goue Akker Demensie Versorgings Eenheid
In Gauteng is daar huidiglik ‘n tekort aan sorg vir demensie pasiente, terwyl daar ‘n toename is in die populasie wat daarmee gediagnoseer word.
Gegewe die hoër vlak van sorg wat demensie pasiente benodig en ook ons ondervinding daarmee in die Silwer Akker verswakte versorgingseenheid, het ons nou ‘n gespesialiseerde demensie versorgingseenheid gestig waar ons aan sewentien van die pasiente individuele sorg kan verskaf.
By die Goue Akker:
Skep ons ‘n veilige omgewing wat demensie pasiente se naastes met gemoedsrus laat dat hulle in goeie hande is.
Is die omgewing so ingerig om te verseker dat die pasient rustig en gemaklik bly en optimaal funksioneer volgens hulle vermoë.
Het ons versorgers wat spesifiek opgelei is om na demensie pasiente om te sien.
Hanteer ons alle pasiente volgens hulle kognitiewe funksionering.
Verskaf ons aangepaste holistiese versorging om te versien aan die individuele pasient se behoeftes volgens versogings planne.
Werk ons saam met ADASA om aan ADASA standaarde vir versogings praktyke te voldoen.
Bied ons ondersteunings groepe en opleiding vir familie lede om te help met begrip van die pasient se toestand.
Kontak ons vir meer inligting in verband met Goue Akker.
Vir donasies aan Goue Akker, sien ons bank besonderhede.
Tydelike foto van nood ingang in ontwikkeling
Tydelike foto van hoof ingang
Tydelike foto van tuin by Goue Akker huis tydens ontwikkeling
Tydelike foto van onvoltooide kamer
Bystand Behuising
Hier woon inwoners steeds onafhanklik van familie, met ondersteuning van ‘n opgeleide span versorgers.
Versorgers vul daaglikse lewens aktiwiteite sodat die inwoners onafhanklik kan bly binne hulle vermoë.
Die inwoners neem saam met ons deel aan aktiwiteite volgens belangstelling.
Inwoners het maklike toegang tot alle geriewe binne die oord.
Sien ook huur behuising – die aangepaste wonings waar die diens gelewer word, kom sonder ‘n stoof en met ingeboude reelings in die stort.