Welkom by Suikerbos Aftreeoord

 

By Suikerbos aftreeoord, beoog ons ‘n gemeenskap waar elke inwoner se goue jare verryk word met gemak, kameraadskap, en vervulling.

 

Met ‘n nuwe gespesialiseerde Demensie versorgingseenheid, verhoog ons die diens wat ons aan seniors kan bied.

Welkom by Suikerbos Aftreeoord

 

By Suikerbos aftreeoord, beoog ons ‘n gemeenskap waar elke inwoner se goue jare verryk word met gemak, kameraadskap, en vervulling.

 

Met ‘n nuwe gespesialiseerde Demensie versorging eenheid, verhoog ons die diens wat ons aan seniors kan bied.

Kontak Ons

Dienste

Huur Behuising

Een slaapkamer woonstelle wat ruim genoeg is vir ‘n paartjie asook woonstelle vir slegs enkel persone. Elke woning het ‘n tuintjie en ook ‘n skadunet parkering. Die wonings is naby aan die hoofgebou met toegang tot geriewe op die perseel.

Lewensreg Behuising

Een slaapkamer wonings met skadunet parkering op die hoofperseel. Twee slaapkamer wonings op die hoofperseel of oorkant die pad, ook met toesluit motorhuise. Wonings is naby aan die geriewe op die perseel.

Bystand Behuising

By ons aangepaste wonings, bied ons ondersteuningsdienste. ‘n Span opgeleide versorgers bied bystand aan inwoners met betrekking tot elkeen se individuele behoeftes vir sorg, hulp en aandag.

Verswakte Versorging

By die Silwer Akker verswakte versorgingseenheid, is ons doelwit om uitstaande sorg en ondersteuning aan ons inwoners te bied in hulle goue jare.

Kliniek

Inwoners kan afsprake maak om mediese personeel te sien vir algemene raad, welstand toetse, administrasie van sekere inspuitings en ook wondversorging.

Tuisversorging

Ons tuisversorging gaan gepaard met geïndividualiseerde versorgingsplanne wat voorsien word op grond van elkeen se individuele behoeftes en voorkeure.

Demensie Versorging

In samewerking met ADASA, het Suikerbos Aftreeoord nou ‘n gespesialiseerde demensie versorgingseenheid oorkant ons hoofperseel.

Palliatiewe Sorg

Die toekomstige fasiliteit sal aan terminaal siek pasiente ‘n gespesialiseerde diens verskaf met deernis ten einde hul kwaliteit van lewe te verbeter gedurende hulle finale reis.

Geriewe en Aktiwiteite

  • Biblioteek
  • Snoepie
  • Rooi Haan restaurant
  • Haarkapper
  • Jukskei baan
  • Pool tafel
  • Lugtyd beskikbaar by kantoor
  • Paniek knoppie verbind aan versorgingseenheid
  • Kerkdienste op Sondae
  • Maandelikse uitstappies
  • Dorpsdae op Woensdae
  • Tuin en tuishulp
  • Eetsaal
  • Bybel studie
  • Brei, Sang, Bingo, Kuns, Jukskei

Van Ons

UsufructHouses1

Visie

Ons visie is om ‘n aftreeoord te vestig wat verder gaan as net behuising, deur ‘n omgewing van aktiewe lewe, welstand, en doelgerigtheid te bevorder. Ons mik daarop om ‘n hawe te skep waar inwoners die vreugdes van aftrede kan geniet, omring deur landskappe, geriewe, en ‘n ondersteunende netwerk van gelykgesinde individue.

Doelwit

Ons doelwit is om ‘n uitsonderlike en holistiese aftree-lewe ervaring vir ons inwoners te bied. Ons is toegewyd om ‘n ondersteunende en betrokke gemeenskap te skep wat fisiese, emosionele, en sosiale welstand bevorder. Verder om bejaardesmisbruik te voorkom en te pleit vir die regte van bejaardes in ooreenstemming met die Ou Persone wet 13 van 2006.

Kontak Ons

6 + 10 =

Heidelberg society for the aged.

ABSA bank

Rek: 1017720755

  • (016) 349 5180
  • admin@suikerbosoord.co.za
  • 2 Freeman straat, Industrial, Heidelberg, 1441